Click here to donate funds or time to AWSS
Client stories... PDF Print E-mail
GIZMO
 
 
 Wil net laat weet dat Gizmo baie gelukkig is by sy nuwe huis.  Hy is maar skamerig maar het darem al uitgevind dat hy in die huis mag wees, maar dat hy net die Skotse Terrier se kos moet uitlos.  Hy was ook, tot gister, baie stil en teruggetrokke, maar hy en Neena, die poedelbrakkie, het gister vir al wat 'n beweging is geblaf en mooi die huis en mense opgepas!  
Hy wou aanvanklik glad nie in die huis slaap nie, maar het gisteraand vir die eerste keer in sy bedjie langs die kaggel geslaap.  Dit sal seker nie lank wees voor hy agterkom hy mag op die beddens spring nie :-) 
Ons het Saterdag vir hom 'n paar speelgoed geneem en hy het hom omtrent flou gespeel!  Ek het 'n fototjie aangeheg.  
Dankie, weereens vir al julle ongelooflike werk met die diere! 
 
IT Giant Web - We Fix IT!